Hier by die Afrikaanse Wikipedia poog ons om spogartikels voor te berei om op die voorblad te pryk. Hierdie artikels verteenwoordig van die beste skryfwerk en is vooraf gekies deur die gemeenskapslede. Dit beteken egter nie dat die artikels nie verder verbeter kan word nie, maar bloot dat dit al reeds meer aandag geniet het.
Tans is daar 619 artikels wat voorbladstatus behaal het, uit 'n totaal van 117 917. Dus verskyn een uit elke 190 artikels op die onderstaande lys. Nomineer gerus potensiële artikels by Kandidaatartikels vir voorblad of bespreek ander gebruikers se nominasies.
Die nasionale vlag van Belarus is op 7 Junie1995 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale tweekleur in rooi en groen met ’n rooi ornamentele patroon op wit in ’n vertikale baan aan die vlagpaalkant.
Die huidige ontwerp is in 2012 deur die Staatskomitee vir standaardisering van die Republiek Belarus bekendgestel en is aangepas van ’n ontwerp wat tydens ’n referendum in 1995 goedgekeur is. Dit is ’n wysiging van die 1951-vlag wat gebruik is toe die land ’n republiek in die Sowjetunie was. Veranderinge wat aangebring is aan die vlag is die verwydering van die kommunistiese simbole – die hamer en sekel en die rooi ster – asook die omkeer van die kleure in die ornamentele patroon. Sedert die referendum in 1995 is verskeie vlae deur regeringsamptenare en -agentskappe gebruik wat op hierdie ontwerp geskoei is.
Histories is die wit-rooi-wit-vlag deur die Wit-Russiese Volksrepubliek in 1918 gebruik voordat Belarus ’n Sowjetrepubliek geword het, daarna deur die Wit-Russiese nasionale beweging in Wes-Belarus, gevolg deur wydverspreide nieamptelike gebruik gedurende die Duitse besetting van Belarus tussen 1942 en 1944, en weer nadat die land onafhanklikheid verkry het in 1991 tot die 1995-referendum. Opposisiegroepe het steeds hierdie vlag gebruik hoewel die gebruik van die vlag deur die regering beperk is omdat dit sê dat die vlag bande met Nazi-samewerking gedurende die Tweede Wêreldoorlog het. Die wit-rooi-wit-vlag is in 2020-2021 gebruik tydens protesoptogte teen die regering en ook deur die Belarussiesediaspora.
Steven Allan SpielbergKBE (gebore 18 Desember 1946) is 'n Amerikaanse regisseur, vervaardiger en draaiboekskrywer. Hy is 'n belangrike figuur in die New Hollywood-tydperk en 'n pionier van die moderne supertreffer. Hy is die kommersieel suksesvolste regisseur in die geskiedenis en is al 'n rekordgetal van 13 keer vir 'n Oscar vir beste prent benoem.
Spielberg het talle pryse gewen, insluitende drie Oscars, twee Baftas en vier Directors Guild of America-pryse, sowel as die AFI Life Achievement-prys in 1995, die Kennedysentrum-eerbewys in 2006, die Cecil B. DeMille-prys in 2009 en die Presidensiële Vryheidsmedalje in 2015. Sewe van sy rolprente is deur die Library of Congress in die Nasionale Rolprentregister ingesluit as "kultureel, histories of esteties belangrik".
Spielberg het in Kalifornië in die rolprentwese studeer. Nadat hy verskeie televisie-episodes verfilm het, het hy die TV-fliek Duel (1971) geregisseer. In 1975 het hy beroemd geraak met die supertreffer Jaws. Hy was die regisseur van nog lokettreffers soos Close Encounters of the Third Kind (1977), E.T. the Extra-Terrestrial (1982) en die oorspronklike Indiana Jones-trilogie (1981-'89). Hy het daarna die dramarolprente The Color Purple (1985) en Empire of the Sun (1987) geregisseer.
In 1993 het Spielberg twee treffers geregisseer: die wetenskapsfiksieprentJurassic Park, die grootste lokettreffer destyds, en die HolocaustdramaSchindler's List, wat dikwels genoem word een van die beste rolprente wat nog gemaak is. Hy het die Oscar vir laasgenoemde en die epiese 1998-rolprent Saving Private Ryan oor die Tweede Wêreldoorlog gewen. Sy rolprente daarna sluit in A.I. Artificial Intelligence (2001), Minority Report (2002) en War of the Worlds (2005); die avontuurprente The Adventures of Tintin (2011) en Ready Player One (2018); die historiese dramas Amistad (1997), Munich (2005), War Horse (2011), Lincoln (2012), Bridge of Spies (2015) en The Post (2017); die musiekprent West Side Story (2021); en die halfoutobiografiese drama The Fabelmans (2022).
Indien die voorblad nie verfris word met die nuwe week se artikel nie, of indien die geskiedkundige herdenkings steeds die vorige dag se inskrywings vertoon, kan u gerus hier klik sodat dit verfris word.