Gaan na inhoud

Wikipedia:Geselshoekie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie


Dis beter om in die Krugerwildtuin as op kantoor te wees!
Sien ook:
Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Argief
2004-06 2007 2008
2009 2010 2011
2012 2013 2014
2015 2016 2017
2018 2019 2020
2021 2022 2023
2024
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans


Twee vrae rondom treine (1900's)

[wysig bron]

Mense, ek het 'n vragie of wat. Want ek is nou kniediep besig om te lees hoe treine gewerk het by 'n dorpstigting. @Jcwf: kan ook meedoen, want die beginsel bly dieselfde.

Vraag 1. Dit is 1903. Jy wil hê 'n vriend moet vir jou kom besoek (om welke rede ook), maar die arme sukkel het nie geld om sy gat mee te krap nie. Nou wonder ek hoe mens daardie tyd kon maak. Kom ons sê dis vanaf Oudtshoorn na Moorreesburg (of Amersfoort na Amsterdam). Jy sal verniet vra vir Google Pay, SnapScan, PayPal... of, as jy van Nederland is, die Nederlandse Spoorwegen-app [ek kan my klaar voorstel hoe Nederlandsch-Zuid-Afrikaansche Spoorwegmaatschappij dit hier sou gebruik het].

Onthou, ons is haastig. Dit is dringend.

Nou beteken dit jy kon (teoreties en in die praktyk) by die stasie 'n kaartjie koop vir Persoon X, daardie kaartjie [toestemming] word dan telegrafeer na die ander stasie waar die persoon behoort op te klim, en die genoemde persoon kan dan net by 'n stasie opklim? Die probleem is, jy't geen groen/donkerblou ID-boekie of ID-kaart daardie tyd gehad nie. Ek weet nie eens of die staat geboortesertifikate uitgereik het nie, ek weet net van doopsertifikate van die kerk.

Ek neem dus aan jy sal moet sê: "Ek is Johannes [18 doopname later] du Preez van Oudtshoorn, en hier is 'n gemagtigde brief van die predikant, die stadsklerk en hoëkommissaris net om te sê - 'ja, hierdie siel is inderdaad van hierdie dorp. Ons herken en erken hom.'?" En dan sal die stasiemeester seker die magtiging teken, met sy stempel, ens.?

Goed en wel as iemand in die dorp bly waar almal weet hoeveel suiker jy in jou koffie gooi, maar hoe gemaak in die stad?

Of:

Moes jy eers geld deponeer na 'n persoon se bank- of spaarrekening (dit sou Standard Bank of die poskantoor wees), of 'n tjek uitskryf, en dan moet jy, die sender, persoon X seker telegrafeer [as jy kan!] of per pos verwittig dat die geld vir hom wag? Drie dae sal moet verloop, want die bankberekeninge is deur rekenmeesters gedoen by 'n sentrale kantoor, nie rekenaars nie. En dan eers kan persoon X by die stasie aanmeld en 'n kaartjie koop.

Om te reël dat iemand jou in 1903 per trein besoek, sou jy begin deur 'n treinkaartjie vir hulle te koop, wat behels het om 'n fisiese kaartjie by jou plaaslike treinstasie te koop. Hierdie kaartjie sal die vertrek- en aankomsstasies insluit, sowel as die datum en tyd van reis. Nadat jy die kaartjie gekoop het, sal jy dit na die persoon in die ander dorp moet stuur. Dit kan gedoen word deur die kaartjie deur die posdiens te pos, om te verseker dat dit met genoeg tyd gestuur is sodat hulle dit voor die reisdatum kan ontvang. Alternatiewelik, in sommige gevalle, het treinstasies reëlings gehad waar jy besonderhede van die kaartjie kon telegrafeer, en die persoon kon dit by hul plaaslike stasie afhaal deur die telegraafkwitansie te gebruik.Sobaka (kontak) 09:08, 19 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
Dankie @Sobaka:. Wat my net pla is, enige kwaadwillige persoon kan dus die kaartjie onderskep en gebruik? Ek vra uit my onkunde, want ek weet nie of jy die persoon se naam daarop kon skryf nie. Die laaste keer wat ek trein gery het was ek maar 4 jaar oud (1994), en dit was met die Outeniqua Choo-Tjoe. Dit is hoe min ek weet. Suidpunt (kontak) 09:31, 19 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
Sosiale gedrag in 1903 (veral in die konteks) was waarskynlik anders as vandag. Alhoewel daar individue sou wees wat sekere vryhede misbruik het, was sulke optrede waarskynlik uitsonderlik eerder as algemeen. Ouer generasies dink dikwels aan hoe mense in daardie dae nie eers nodig gehad het om hul huise te sluit nie.Sobaka (kontak) 09:46, 19 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
Elke stasie is met die spoornet per telegraaf verbind. Dus was det moontlik dat ek die kaartjie by die bestemmingstasie kan koop, hulle sal 'n telegram na die oorsprongstasie stuur om te waarborg dat die geld betaal is en dus kan hulle die kaartjie (of reislasbrief) aan die persoon gee. As hulle daagliks opreken, kan hulle die telegramme gebruik om te bewys hoe die kaartjie betaal is. Ek weet nie of hulle sulke operasies gebruiik het nie. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is reislasbriewe dikwels in the VK gebruik.

Vraag 2. Op topografiese kaarte sal ek gereeld naambordjies langs die treinspore aantref sonder 'n perron, sonder 'n stasie. Martinvl (kontak) 14:53, 19 Julie 2024 (UTC) Ek neem dus aan dis 'n treinhalte? Bedoelende, jy staan in die middel van die veld, in die versengende hitte, onder 'n sambreel, met jou sakhorlosie en wag op die trein? Anders moet jy myle stap stasie toe? Suidpunt (kontak) 08:43, 19 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

NZASM trein - LW - die passassierswaens het trappe dus kan 'n mens die koets bereik.
Sulke haltes is nog steeds in the VK te sien, maar deesdae het hulle perrone en die treine het geen trappe nie. Passasiers dui aan dat hulle met die trein reis reis deur hul arm in die lug te plaas, net soals 'n mens deesdae met 'n bus doen. Martinvl (kontak) 14:53, 19 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
@Martinvl: Dankie Martinvl! Dit word waardeer, jammer ek antwoord nou eers! Suidpunt (kontak) 09:04, 21 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Beri Hanna

[wysig bron]

Gemeenskap, verduidelik vir my:'n Indonesiese skrywer wat nie eers 'n artikel in sy eie taal het nie, ook nie Engels nie. Iemand lieg vir iemand. Groete! Oesjaar (kontak) 11:29, 21 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Ook gelys vir verwydering op die drie Wikis waar die artikel wel bestaan.Sobaka (kontak) 15:15, 21 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Inligtingskas vir Motorenjins

[wysig bron]

@Rooiratel: en @Pynappel:, kan een van julle asb die Sjabloon:Inligtingskas Motorenjin so bywerk dat Superaanjaer en Turboaanjaer as skakels wys soos wringkrag? Groete!

Uitgevoer Uitgevoer - Rooiratel (kontak) 09:58, 22 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
Dankie! Groete! Oesjaar (kontak) 11:43, 23 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Benoeming as Administrateur: Sobaka

[wysig bron]

Gemeenskap, ons het tans 13 administrateurs, waarvan 5 eintlik glad nie meer admintake verrig nie. Ek vra dat ons Gebruiker:Sobaka verhoog tot Administrateurstatus! Hy het die afgelope tyd uit sy pad gegaan om ons Wikipedia te groei, o.a. lewer hy onderhoude op drie radiostasies. Ek soek ondersteuning asb. Groete! Oesjaar (kontak) 11:40, 23 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Ondersteun – Oesjaar
OndersteunAliwal2012 11:57, 23 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
Ondersteun ~ Burgert (kontak) 16:01, 23 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
OndersteunSuidpunt (kontak) 17:43, 23 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
OndersteunDumbassman (kontak) 18:00, 23 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
Ondersteun – Groete. --  SpesBona 21:10, 23 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
OndersteunFrank (kontak) 11:57, 24 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
OndersteunRooiratel (kontak) 07:40, 25 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
  • Uitgevoer Uitgevoer – aangesien binne 'n kort tyd baie gebruikers Sobaka as 'n administrateur ondersteun het, het ek hom dadelik tot administrateurstatus verhef. Baie welkom in dié span en sterke met daai knoppies, Sobaka! Groete. --  SpesBona 21:10, 23 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
Baie geluk en welkom mnr. Sobaka! -- Aliwal2012 05:23, 24 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
PS: Ek dink dis die meeste "ondersteun"-stemme wat iemand binne 2 dae ontvang het. Aliwal2012
Dankie – Sobaka (kontak) 07:53, 24 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, nou is ek selfs verbaas: Ons het nie iets soos inaktiewe admins nie. Almal met daai regte is mooi aktief in 2024. Lyk my Voyageur, Laurens, Anrie, JCBrand en RAM is hul status lankal kwyt. Groete. --  SpesBona 21:30, 24 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Vote now to fill vacancies of the first U4C

[wysig bron]
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki. Help met die vertaal na uw taal

Dear all,

I am writing to you to let you know the voting period for the Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C) is open now through August 10, 2024. Read the information on the voting page on Meta-wiki to learn more about voting and voter eligibility.

The Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C) is a global group dedicated to providing an equitable and consistent implementation of the UCoC. Community members were invited to submit their applications for the U4C. For more information and the responsibilities of the U4C, please review the U4C Charter.

Please share this message with members of your community so they can participate as well.

In cooperation with the U4C,

RamzyM (WMF) 02:46, 27 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Nuus uit die florawêreld...

[wysig bron]

Plantkundiges het op die onlangse Internasionale Botaniese Kongres wat in Madrid, Spanje gehou is met ’n 63 persent meerderheidstem besluit dat 218 plante en alge nuwe taksonomiese name moet kry. Die besluit is geneem om afstand te doen van benamings wat as diskriminerende skelwoorde beskou word. Die nuwe name sal vanaf 2026 in gebruik wees. Dis die eerste keer dat ’n naamverandering op hierdie skaal onderneem word en is nie ’n algemene fenomeen nie aangesien dit ’n tydsame proses is. Hulle stel ook voor om ’n sensitiwiteitskommissie aan te stel wat sal besluit watter name nuutontdekte plante, skimmels en alge sal kry. Woordgenoot (kontak) 18:22, 29 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Ek wag in spanning vir die lys... Groete! Oesjaar (kontak) 18:45, 29 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Ons FB-blad.

[wysig bron]

Gemeenskap, ons FB-blad het nou meer as 1500 lede! Ons groei... Groete! Oesjaar (kontak) 19:51, 30 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Onlangse veranderinge om die nuwe donkermodus te akkommodeer

[wysig bron]

Gemeenskap, volgens watter beleid word nou veranderinge in die bronteks aangebring om die nuwe donkermodus te akkommodeer? Ek verstaan dat sedert Julie 2024 die moontlikheid bestaan om die hele Wikipedia in 'n donkermodus te gebruik, maar is dit nou nodig om 'n magdom artikels aan te pas vir 'n nuwe verskynsel? Byvoorbeeld, pas ons vandag 'n duisend artikels aan en môre kom hulle met 'n oplossing vorendag wat al hierdie verandering onnodig maak (dalk KI of iets soortgelyks).

Kan ons maar eers daaroor praat wat die gemeenskap dink oor sulke veranderinge? Doen al die taalweergawes dit nou en moet ons dit nou doen? Waar staan dit dat dit nou nodig is om so baie artikels te verander? Is daar nie 'n ander oplossing nie? Werk hulle aan 'n outomatiese oplossing? Daar is 'n bladsy by die Engelse Dark mode, maar dit het slegs vier interwikiskakels (van rofweg 300 taalweergawes!). Terloops, op dié bladsy staan niks oor vereiste veranderinge aan die bronteks nie. Op die Duitstalige Wikipedia sien ek ook nie hierdie soort veranderinge nie. Gemeenskap, wil ons hoegenaamd sulke veranderinge toelaat? Wat as daar eendag 'n pienk/oranje/violetmodus kom? Wat doen ons met kleurblindes/gesiggestremdes? Waar begin ons, waar eindig ons? Groete. --  SpesBona 20:45, 30 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

@SpesBona: watter probleme veroorsaak die veranderinge? Die idee van 'n "wiki" is dat dit verander kan word. Myns insiens is veranderinge wat donkermodus akkommodeer konstruktief. Ek twyfel of daar "pienk/oranje/violetmodus" gaan kom. Donkermodus is so oud soos die rekenaarskerm en verskeie webwerwe ondersteun dit. Ek gebruik dit self reeds jare lank. Jy moet dit probeer - dit is baie sagter op die oog as 'n wit agtergrond. Dit spaar ook 'n bietjie elektrisiteit. – Pynappel (kontak) 21:15, 30 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
@SpesBona: daar is geen beleid wat vereis dat ons hierdie veranderinge moet doen nie. Donkermodus is nou beskikbaar vir almal (gebruikers of nie) op amper elke wiki, afwiki insluitend. Lees : https://meta.wikimedia.org/wiki/Tech/News/2024/27.
So ja, ons kan maar alles los, en dit lyk lelik (of onleesbaar) vir ons lesers, of ons kan dinge verbeter. Ek sien nie hoekom ons die eerste opsie sal verkies nie.
En ja, die wikimedia mense doen wat hulle kan sodat ons so min as moontlik veranderings moet doen, maar daar is nog steeds dinge wat nie outomaties gedoen kan word nie.
"Wat as daar eendag 'n pienk/oranje/violetmodus kom"? As dit ooit gebeur dan sal die veranderings wat ons nou doen meeste van die werk reeds uit die weg kry.
"Wat doen ons met kleurblindes/gesiggestremdes?" Donkermodus is reeds een akkommodasie vir hulle. En weereens die veranderings wat ons nou maak is om die doel te ondersteun. Sien byvoorbeeld : https://phabricator.wikimedia.org/T360494
- Rooiratel (kontak) 06:58, 31 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
As enigiemand wil help, klik op die skakel in die beeld regs, en gee so veel besonderhede oor die probleem.
Skermgreep met pyltjie wat na die knoppie op afwiki-koppelvlak wys om donkermodusprobleme aan te meld.
Kom ons maak ons wiki so goed as wat ons kan. - Rooiratel (kontak) 07:04, 31 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
Baie dankie vir dié inligting. Sou dit nie beter wees om byvoorbeeld die betrokke prente se bronteks op Commons aan te pas, sodat hulle in die donkermodus ook mooi werk, pleks daarvan om hulle in elke liewe artikel in moontlik 'n honderd artikels oor 300 taalweergawes aan te pas? Dit spaar beide baie wysigings en elektrisiteit. Selfs as daar nuwe prente op Commons geskep word wat die ou prente vervang om met die nuwe modus te werk sal dit heelwat minder wysigings veroorsaak as dit nou doen. Dalk kan ook modules sentraal aangepas word pleks van sjablone en kassies? Op die Duitstalige Wikipedia word ons aangeraai om wysigings te spaar, sien de:Vorlage:Vorschau, dit bestaan ook in Engels: en:Template:Uw-preview. Ek dink maar daar is 'n moontlikheid om dit sentraal te doen (watter een ook al). Ek wonder en vra maar net. Groete. --  SpesBona 21:20, 31 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Het u geweet...

[wysig bron]

Gemeenskap, in ons voorblad se trivia Het u geweet... begin sommige inskrywings as volg: ... dat Wikings en ander soos volg ...dat die - sonder die spasie na die drie kolletjies. Wat is taalkundig korrek? Groete! Oesjaar (kontak) 11:18, 2 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

Met 'n spasie weerskante as dit so gebruik word. ~ Burgert (kontak) 12:22, 2 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]