Sê jou sê

Sê “hallo” vir ’n heel nuwe boodskap-ervaring. ’n Verrassende fokus op privaatheid, gekombineer met al die funksies wat jy sou verwag.


Kry Signal

Hoekom Signal?

Ontdek hier onder waarom Signal beskou word as ’n eenvoudige, kragtige, goed beveiligde boodskapper

Deel sonder onsekerheid

Die heel beste end-tot-end-enkriptering (aangedryf deur die Signal-oopbron-protokol). Nie ons of enigiemand anders kan jou boodskappe lees of na jou oproepe luister nie. Privaatheid is nie 'n opsionele modus nie — dis eenvoudig hoe Signal werk. Elke boodskap, elke oproep, deurentyd.

Sê enigiets

Deel teks, stemboodskappe, foto’s, video’s, GIF’s en lêers gratis. Signal gebruik jou foon se dataverbinding sodat jy SMS- en MMS-koste kan vermy.

Sê jou sê

Voer kristalhelder stem- en video-gesprekke met mense wat in dieselfde stad as jy bly, of oorsee, sonder langafstand-oproepkoste.

Laat privaatheid “plak”

Tower jou gesprekke verder op met geënkripteerde plakkers. Jy kan ook jou eie pakke plakkers saamstel en met ander deel.

Kom bymekaar met Groepe

Groepkletse maak dit maklik om met jou familie, vriende en kollegas in kontak te bly.

Geen advertensies nie. Geen naspoorders nie. Regtig.

Daar is geen advertensies, geen geaffilieerde bemarkers of grillerige nasporing in Signal nie. Jy kan dus met ’n geruste hart oomblikke wat saak maak deel met mense vir wie jy omgee.

Gratis vir almal

Signal is ’n onafhanklike niewinsgewende organisasie. Ons het geen verbintenis met enige groot tegnologiemaatskappye nie, en ons kan ook nooit deur enige van hulle oorgeneem word nie. Ontwikkeling word befonds deur geldelike toekennings en skenkings van mense soos jy.

Skenk aan Signal