@flashbrian Dankie vir jou belangstelling…

@flashbrian
Dankie vir jou belangstelling in die vertaling van “My Custom Functions”.
‘n Paar vinnige wenke:

  • Let asseblief op jou spelling (“Spesiaale” vs. “spesiale”);
  • Vermy asseblief anglisismes (“uiters proef”, “motif”, “intensie”);
  • Let asseblief op jou woordvolgorde. “Jy kan jou vraag vra op %s hierdie bladsy %s.” vs. “Jy kan jou vraag op %s hierdie bladsy %s vra.”

Geluk met jou nuwe balkie. Jy sal dit binne ‘n paar minute hier kan sien: https://profiles.wordpress.org/flashbrian/

@maggiemarx, Baie geluk met jou…

@maggiemarx,

Baie geluk met jou nuwe balkie. Jy kan dit hier sien: https://profiles.wordpress.org/maggiemarx/
Dankie vir jou bydrae tot Opus Blog.
Verwys asseblief na die woordelys: https://translate.wordpress.org/locale/af/default/glossary/
Dit help ons om begrippe konsekwent te vertaal.
Kontak my gerus indien jy enige vrae rakende vertaling het.

Lekker dag!
Carike

Beste @coderuan Geluk met jou…

Beste @coderuan
Geluk met jou nuwe balkie: https://profiles.wordpress.org/codecoruan/
Dankie dat jy frases bygedra het aan WooCommerce.
Ek is jammer dat dit so lank geneem het vir jou frases om nagesien te word.
Jy is welkom om my te kontak indien jy vrae rakende vertaling het.

Groete!