Hallo @naomibruwer! Ek het vinnig…

Hallo @naomibruwer!

Ek het vinnig die frases nagesien wat jy vir die Customizr-tema vertaal het.
Baie geluk met jou nuwe balkie. Jy behoort dit binne ‘n paar minute hier te kan sien: https://profiles.wordpress.org/naomibruwer/
Laat weet my gerus indien jy enige vrae het.
Ek sal graag ‘n paar verskillende frases wil sien om ‘n PTE-versoek te oorweeg. PTE-regte beteken dat jou frases nie hoef te wag om nagesien te word nie en dat jy ander se frases kan goedkeur vir die tema.
Ek weet nie of jy bewus is van ons woordelys nie. Hier is ‘n skakel: https://translate.wordpress.org/locale/af/default/glossary/
Dit behoort vertaling so ‘n bietjie makliker te maak.

Hoop jy het ‘n baie lekker dag.

Groete,
Carike